Legal debt collectors
JUNIOR IT & SYSTEMS SUPPORT ASSISTENT – AFRIKAANSSPREKEND
1 month ago
Share this opportunity
Share this opportunity to other talents of your network:
✓ Offer them a visibility boost with clients.
✓ Help your contacts find their next job.
Important information
Location:
Wolseley, 6830, South Africa
Work mode:
Onsite
Published on:
26 September 2026
What they need
ONMIDDELLIKE BEGIN – ONS HET IEMAND NOU NODIG
Ons is op soek na 'n betroubare, vriendelike en gewillige persoon wat onmiddellik beskikbaar is om te begin werk.
Indien jy tans beskikbaar is en so gou moontlik, verkieslik onmiddellik, kan begin, is hierdie geleentheid moontlik vir jou.
Dit is 'n intreevlak- en praktiese posisie. Jy hoef nie 'n ervare IT-professioneel te wees nie, maar jy moet oor goeie basiese rekenaarvaardighede beskik en belangstel om meer oor IT en besigheidstelsels te leer.
Opleiding sal aan die regte persoon verskaf word.
Die rol behels hoofsaaklik om ons stelsels en prosesse aan te leer en die span te help met enige ondersteuning wat benodig word.
Jy sal help met alledaagse stelselprosesse en take, basiese IT-probleemoplossing, ondersteuning aan personeel met stelselverwante navrae en algemene ondersteuning aan die span.
Namate jy meer leer, sal jy geleidelik aan meer van ons stelsels en prosesse bekendgestel word en meer verantwoordelikhede oorneem.
Ons is op soek na iemand wat:
- 'n goeie gesindheid het en werklik bereid is om te leer.
- Betroubaar, stiptelik en verantwoordelik is.
- Goeie basiese rekenaarvaardighede het en nuwe rekenaarstelsels kan aanleer.
- Belangstel in IT, stelsels en hoe dinge werk.
- Goed luister en instruksies kan volg.
- Geduldig is wanneer iets nuuts aangeleer word.
- Nie bang is om vrae te vra nie.
- Selfstandig kan werk sodra opleiding voltooi is.
- Behulpsaam is en goed met ander kan saamwerk.
- Gemaklik is met 'n afwisselende en praktiese werksrol.
- Trots is op die werk wat hy/sy doen en take behoorlik afhandel.
- Kalm en prakties kan bly wanneer dit besig raak.
- Graag hul IT- en stelselkennis wil ontwikkel.
Ons stel veral belang in iemand wat aan die begin van hul werksloopbaan is en 'n geleentheid soek om te leer en te ontwikkel.
Vereistes:
- Matriek.
- Goeie basiese rekenaarvaardighede.
- Goeie werkende kennis van Microsoft Office en Outlook.
- Goeie kommunikasievaardighede.
- Vlot Afrikaans en gemaklik om in Engels te kommunikeer.
- 'n Belangstelling in IT en rekenaarstelsels.
- 'n Bereidwilligheid om te leer en 'n goeie gesindheid.
- Onmiddellik beskikbaar of in staat om op baie kort kennisgewing te begin.
Vorige ondervinding in IT-ondersteuning, stelselondersteuning, administrasie, data vaslegging of 'n soortgelyke omgewing sal 'n voordeel wees.
Opleiding sal aan die regte persoon verskaf word.
Werksure: Voltyds
Ligging: Noordelike Voorstede, Kaapstad
Werk op afstand: Nee
Doen asseblief slegs aansoek indien jy werklik onmiddellik of op baie kort kennisgewing beskikbaar is om te begin.
Pay: From R6 500,00 per month
Work Location: In person
Other offers great for you!
These companies are also looking for great profiles
Salutech
SAP Authorisation & Access Support
Freelance
Villeneuve-d'Ascq, France
Onsite, Hybrid
Skills
2 hours ago
Quick apply
Vorstone
SAP Authorisation & Access Support
Freelance
Lille, France
Hybrid
Skills
2 hours ago
Quick apply
LeHibou
Chef(fe) de projet junior AMO Câblage & Réseaux
350€ / jour
Freelance
Brussels, Belgium
Hybrid
Skills
1 hour ago
Quick apply